| jy mag jouself dalk vind |
| in die middel van die dag |
| op 'n parkiebank sit |
| en dan dink jy |
| hoe bekostig hierdie mense hierdie europese karre |
| en palasale toskanse tronke |
| jy mag dalk dink in 'n arm land is rykdom 'n skande |
| maar iemand is altyd ryker as almal anders |
| jy mag dalk dink, wat doen ek dat ek |
| in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit |
| en dan raak ek bly |
| want wat is daar om te doen |
| wie probeer ek beindruk? |
| en dan dink jy by jouself |
| ek gaan nie my hele lewe lank werk |
| om eendag niks te kan doen nie |
| ek sal sommer nou begin |
| ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê? |
| wat maak ons nog hier? |
| hierdie plek is nie ons sin nie |
| jou huis is waar jou mense is |
| my mense het nie tuisland nie |
| ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, |
| wat maak ons nog hier? |
| miskien dink jy by jouself |
| ek is 'n produk, ek is 'n bemarkingsveldtog, ek is 'n kommoditeit |
| dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie |
| die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit |
| want die honger mense bly nie lank honger nie |
| die malles het beheer van die malhuis geneem |
| en kom al hoe nader aan die kluis |
| in die donker is die blinde een koning |
| mag onder koning maak mag onder volgelinge? |
| en die koning bly nie lank op sy troon nie |
| ek le op die gras en luister lukas maree |
| ek vermoed die hart werk soos die weeduwee se kruik |
| haar hart is seer want haar man is dood |
| en ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is |
| ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê? |
| wat maak ons nog hier? |
| hierdie plek is nie ons sin nie |
| jou huis is waar jou mense is |
| my mense het nie tuisland nie |
| ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, |
| wat maak ons nog hier? |
| wat maak ons nog hier? |
| wat maak ons nog hier? |
| wat maak ons nog hier? |
| wat maak ons nog hier? |
| ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, nê? |
| wat maak ons nog hier? |
| hierdie plek is nie ons sin nie |
| jou huis is waar jou mense is |
| my mense het nie tuisland nie |
| ons doen nooit wat ons se ons gaan nie, |
| wat maak ons nog hier? |